25.2.09

Helpende Hand

'n Weldoener kom op 'n jongman af wat in aller yl besig is om hooi terug te gooi op die wa nadat dit afgeval het.

"Jy lyk uitgeput. Hoekom vat jy nie 'n ruskansie nie?" sê die man "Dan help ek jou."

"Nee dankie" sê die seun "My pa sal nie daarvan hou nie."

"Moenie laf wees nie - enigeen is geregtig op 'n ruskansie!" "Kom vat 'n slukkie water"

Weereens weier die jongman omdat sy pa hom sal kwalik neem.
Die weldoener vervies hom en sê "jou pa moet 'n regte slawedrywer wees. Waar is hy sodat ek hom kan vertel wat ek van hom dink!"

"Wel," antwoord die jongman "Hy is onder die hooi!"

0 comments: