21.9.08

Bek-Rek! ‘n Nuwe vorm van Afrikaanse Komedie!!!

Die tyd het aan gebreek vir nuwe form van vermaak! Bek-Rek! is
Suid-Afrika se eerste Komedie groep wat spesialiseer in die Afrikaanse
form van Standup.


Bek-Rek! is ‘n ongeregistreerde organisasie sonder winsbejag wat
beoog om Afrikaanse komediespel in Kaapstad te ontwikkel en bevorder.
In 2008 het Brent Niemandt gesien dat daar ‘n behoete aan Afrikaanse
Komedie is. Hy het weeklikse werkswinkels georganiseer om sodoende
opkomende komediante ‘n kans te gee om hul material te ontwikkel!


Die groep praat met geesdrif oor die rol van komedie in die land:


“Die Afrikaanse musiekbedryf het die afgelope paar jaar baie groot
geword. Dit het die deur vir ander vorme van vermaak oopgemaak,
byvoorbeeld komedie.”


“Ons lewe in moelike tye, en ons land benodig iets om ons kwale te
laat vergeet, en daar is niks lekkerder as om jou kwale weg te lag nie.”


“Met dit in gedagte, dink ons dat daar ‘n mark is vir ons Afrikaanssprekendes om so ‘n bietjie in ons eie taal te lag!”


Tans bestaan Bek-Rek! uit a groep van 4 Komediante, 1 Komediese Kulkunstenaar en 2 opkomende Komediante!


Brent Niemandt – Met sy onnutsige verbeelding, groot mond en
“tipiese kerel” persoonlikheid, kry hy nuwe aanhangers by elke
opvoering.


Piet Potgieter – Die Boer, wat as ‘n Dominee geswot het, as ‘n Barman gewerk het, sal jou laat skater van die lag!


Jaak Erasmus –  ‘n Prontuit Komediant, wat jou mening van sport en verhoudings heeltemal sal laat verander.


Dugald Pieterse – Wenner van die SBA/SON Kaapse Jokes Kompetisie. By
Elke opvoering het sy stories van alledaagse lewe in Bredaarsdorp
verseker dat hy ‘n gunstelling by die gehoor is.


Regardt Laubscher – ‘n Komiese Kulkunstenaar wat jou sal betower met sy oorspronklikheid!


Hulle tree op ‘n gereelde basis by verskillende teaters in die Kaap
Provinsie op, met onlangse optredes  by die Durbanville Kunskafee, Die
Plaas Teater in Brackenfell en die Aan de Braak Teater in
Stellenbosch.  En daar word ook beplan om by toekomstige vertonings
komediante van Johannesburg te nooi om op te tree as gaskunstenaars!


Berei jouself voor vir ‘n Komediebredie met ons vars-uit-die-oond
Afrikaanse Komediante. Hulle gaan gek skeer, gehore laat skater en
trane sal loop van die lag!

0 comments: